Putin het sy visier op Londen indien Derde Wêreldoorlog uitbreek

Die Russiese president, Vladimir Putin, het blykbaar besluit Londen sal sy eerste teiken wees sou die Derde Wêreldoorlog uitbreek. ‘n Bondgenoot van Putin, Andrey Gurulyov, het aan ‘n Russiese televisiediens gesê die Britse hoofstad sal eerste getref word indien die versperring van die Russiese streek Kaliningrad tot oorlog lei. Spanning neem toe oor die Europese Unie se versperring van die Russiese vasteland se vragvervoer na die streek tussen Lutaue en Pole. Internasionale media berig Gurulyov sê Moskou is van plan om die vyand se hele groep ruimte-satelliete in lugaanvalle te vernietig.