Troy verloor been, verdagtes in hof

Die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is vir die diefstal van agt perdesale op die plaas Wendelstein buite Grootfontein, verskyn vandag in die dorp se landdroshof. Die sale is sowat 100 000 Namibiese dollar werd. Die misdaad het egter ‘n tragiese nadraai gehad toe die Belgiese Malinois ‘Troy’ deur ‘n boer in die been geskiet is, terwyl hy en sy hanteerder besig was om die diewe op te spoor. Daar is berig dat die skieter ook in hegtenis geneem sal word, maar dit is nog nie gedoen nie. Volgens advokaat Ronel Lewies, voorsitter van die Justice For Animals Trust, is die boer en Troy se eienaars na ‘n vergadering by die polisiestasie genooi. Troy se been word egter vandag afgesit.