Whk-skoolplasings raak korrup

Die Namibiese polisie het ‘n onderwyser van ‘n laerskool in Katutura in hegtenis geneem op klagte dat hy omkoopgeld by ouers aanvaar het om kinders in die skool te plaas. Owerhede het reeds beide ouers en onderwysers gewaarsku om nie betrokke te raak met die tipe korrupsie nie. Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie Sanet Steenkamp het met Kosmos 94.1 Nuus oor die aangeleentheid gepraat.

Sy voeg by ouers moet geduldig wees. Daar is ‘n toename van 119 persent in Khomas vir leerders wat plek soek in graad 1.