Outa verwerp ook Eskom se 20,5%

Die Suid-Afrikaanse Organisasie teen Belastingmisbruik oftewel Outa doen ‘n dringende beroep op die Nasionale Energie-reguleerder van Suid-Afrika om Eskom se jongste tariefaanpassing te verwerp. Die staatsbeheerde kragvoorsiener het aansoek gedoen vir ‘n prysverhoging van 20,5 persent vir elektrisiteit in die 2023 finansiële jaar, wat van 1 April af in werking sal tree. Liz McDaid van Outa sê Eskom se sakebelange mag nie ekonomiese herstel in gevaar stel nie en dit is in der waarheid in Eskom se eie belang om die ekonomie te laat groei en sodoende hoër elektrisiteitsverbruik te verseker: