Veelsydide Vogue-redakteur Talley sterf

Die voormalige kreatiewe direkteur en veelsydige redakteur vir die tydskrif Vogue, André Leon Talley, is in die ouderdom van 73 oorlede. Hy het van 1983 tot 1987 as nuusdirekteur vir Vogue gewerk, voordat hy in 1988 die tydskrif se kreatiewe direkteur geword het. Talley het in sy tyd by die tydskrif deurgaans nou saamgewerk met die tydskrif se hoofredakteur, Anna Wintour. ‘n Goeie vriend van Talley, die ontwerper Diane von Fürstenberg, het hulde aan hom gebring. Sy sê niemand was meer indrukwekkend of sielvol as hy nie. Die Tony-wenner en Oscar-genomineerde kostuumontwerper Arianne Phillips het Talley ‘n baanbreker genoem.