Whk keur 5G-veselprojek goed, maar dis op ys

Terwyl die raadslede van Stad Windhoek uiteindelik die week ‘n resolusie goedgekeur het om sy 5G vesel-verbindingprojek te implementeer, word dit steeds belemmer met voortgesette regstappe rakende die uitrol van die projek. Die stad se woordvoerder Harold Akwenye sê dat daar niks gedoen kan word totdat die regsgedinge afgehandel is nie. Daar was korrupsiebewerings wat sommige van die stad se bestuurders verbind met betalings wat verband hou met ‘n omstrede transaksie waarby die Chinese telekommunikasiereus Huawei die netwerk sou installeer. Die stad het reeds ‘n geruime tyd terug onderneem om in ‘n slimstad om te skakel met verbeterde kommunikasie en tegnologie wat benut word. Die konsensus onder raadslede word verwelkom maar, die projek sal vir nou op ys geplaas moet word tot die sake afgehandel is.