Masseerder maak klag van seksuele teistering teen minister

Die Suid-Afrikaanse finansminister, Enoch Godongwana, het bevestig ‘n saak van beweerde seksuele teistering teen hom is in Skukuza, Mpumalanga, aanhangig gemaak. Godongwana het ‘n week gelede ‘n private besoek aan die Krugerwildtuin gebring. ‘n Werknemer van Skukuza, wat masseerdienste aan gaste in hule kamers aanbied, het die aanklag gelê. Godongwana het die bewering kategories ontken. Hy sê hy was ten tyde van die beweerde voorval saam met sy vrou in die kamer wat ook sê daar is nie enige gronde vir die bewerings nie.