WGO sê Afrika is nog ver trotseer van pandemie

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê al was daar ‘n dramatiese afname in Covid-infeksies en sterftes regoor die vasteland van Afrika, is die streek nog ver daarvan om die pandemie te trotseer. Die WGO se streeksdirekteur vir Afrika, dr. Matshidiso Moeti, sê baie Afrikalande het aansienlike afnames in infeksies, hospitaal-opnames en sterftes tydens die Omikron-golf aangeteken. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, is aan die woord.