DNS-toetse moet van die slagoffers van padongeluk identifiseer

Die Namibiese polisie kan nog nie al die doodsertifikate uitreik van die 15 slagoffers van die gru-ongeluk op 10 Desember 2021 op die pad tussen Okahandja en Otjiwarongo nie. Volgens die hoofwoordvoerder van Nampol, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambo, kan van die slagoffers nie geïdentifiseer word nie en moet die DNS-toetse gedoen word. Sy sê dit is ‘n baie duur en omslagtige proses, veral met die agterstand van meer as 4 000 DNS-toetse. Die Namibiese polisie vra verskoning aan die families van die slagoffers.