Namibiese ekonoom reageer op handelstekort

‘n Namibiese ekonoom het op die handelstekort van 3,3 miljard Namibiese dollar vir November 2021 gereageer. In dié maand het Namibië se uitvoere op 8,8 miljard Namibiese dollar gestaan, wat ‘n toename van 1,3 persent op ‘n maandelikse basis is. Namibië se invoerrekening het 12,1 miljard dollar beloop wat 22,3 persent laer op ‘n maandelikse basis is. Die handelstekort van 3,3 miljard dollar, is ‘n aansienlike verbetering vanaf die hersiene handelstekort van 6,9 miljard dollar wat in Oktober 2021 aangeteken is. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie aan die Universiteit van Namibië sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy beskou dit vanuit twee hoeke.