WGO oor Covid-19 in Afrika

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê 15 Afrika-lande het die WGO se
wêreldwye mikpunt gehaal om tien-persent van hulle bevolkings teen 30 September
teen Covid-19 in te ent. Die program-koordineerder vir immuniserings- en entstof-
ontwikkeling van die WGO se Afrika-streekkantoor, Richard Mhingo, sê hulle het
waardevolle lesse uit suksesvolle inentingsveldtogte geleer. Hulle ondersteun lande met
groter uitdagings en bevolkings.