Nkandla weer in die nuus

Die Spesiale Ondersoek-eenheid in Suid-Afrika oorweeg om aansoek te doen vir ‘n
verstekvonnis teen die argitek wat betrokke was by die ontwerp van die opknapping by
Nkandla. Minenhle Makhanya het nie by die hooggeregshof in Pietermaritzburg,
KwaZulu-Natal, opgedaag nie. Hy word aangekla in verband met nie-
sekerheidsopknappings van meer as 200 miljoen rand by oudpresident Jacob Zuma se
woning.