Namibië onderteken multilaterale konvensie vir die implimentering van belasting verwante maatreëls

Die Namibiese ambassadeur in Frankryk, Albertus Aochamub, het die multilaterale
konvensie vir die implimentering van belasting verwante maatreëls namens Namibië in
Frankryk onderteken. Die konvensie stel lande in staat om ‘n wye verskeidenheid
wedersydse bystand in belastingaangeleenthede te beoefen soos onder andere, die
uitruil van inligting op versoek, belastingondersoeke in die buiteland, gelyktydige
belastingondersoeke en hulp met die invordering van belasting. Dit waarborg ook
uitgebreide voorsorgmaatreëls vir die beskerming van die regte van belastingbetalers.