WGO bekommerd oor toegang tot insulien vir tipe-twee-diabete

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê vyf uit tien mense in die wêreld met tipe-twee-diabetes het nog steeds nie toegang tot insulien nie. ‘n Nuwe WGO-verslag in die aanloop tot môre se Wêreld-diabetes-dag, plaas die kollig op die ontstellende toestand wat betref globale toegang tot insulien en sorg vir diabete. Slegs drie maatskappye oorheers 90-persent van die mark wanneer dit kom by die prysvasstelling vir insulien. Swak gesondheidstelsels is nog iets wat universele toegang in die wiele ry.