Britney Spears weer in die nuus

Britney Spears het die beëindiging van ‘n wetlike ooreenkoms wat talle aspekte van haar lewe 13 jaar lank beheer het, as die beste dag van haar lewe beskryf. ‘n Regter in Los Angeles het gelas ‘n bewaringstrust wat Spears se pa in 2008 opgestel het, moet onmiddellik beëindig word. Sy het die voogdyskap as beledigend beskryf. Dit het die mag oor haar finansies en loopbaanbesluite gehad asook groot persoonlike sake, soos besoeke aan haar tienerseuns en of sy weer mag trou. Volgens die BBC het die 39-jarige sanger 35-miljoen Instagram-aanhangers.