Verskeie Suid-Afrikaanse ministers gaan oor Julie-onluste getuig

Suid-Afrikaanse ministers van Polisie, Verdediging, Justisie en Staatsveiligheid is van die staatsleiers wat voor die buurland se Menseregtekommissie se nasionale ondersoekverhoor na die Julie-onrus sal verskyn. Die verhore sal virtueel Maandag begin teen ‘n koste van drie miljoen rand. Minstens 350 mense is dood toe geweld in KwaZulu-Natal en Gauteng uitgebreek het kort nadat president Jacob Zuma op 8 Julie ’n tronkstraf van 15 maande vir minagting van die hof begin uitdien het.