Nambiese o.20-rugbyspan draf nou uit teen Ivoorkus

Die Namibiese onder-20 rugbyspan draf nou om tien-uur uit teen die Ivoorkus in die Barthesbeker-toernooi in Nairobi in Kenia. Kaptein Rowan Jansen, flank van FNB Western Suburbs, moes vervang word nadat hy positief vir Covid-19 getoets het. In Jansen se plek is Oela Blaauw, skrumskakel en onderkaptein, as die nuwe toerleier op die veld aangewys. Afrigter Chrysander Botha het die keuse uitgeoefen om as plaasvervanger ’n ekstra veelsydige agterspeler saam te neem en so het Jonathan Hanekom die 25ste lid van die spelersgroep geword.