Werkloosheid, geslagsgeweld teister vroue wat op plase werk

‘n Wes-Kaapse belangegroep vir vroue wat op plase werk, sê die Covid-pandemie maak hul lewens al moeiliker met werkloosheid en geslagsgeweld wat skerp styg. Die koördineerder van gesondheid en bemagtiging van Vroue op Plase, Micaelah Rose, sê geslagsgeweld neem toe omdat gesinslede almal saam by die huis is. Sy voeg by met onlangse minimumloon-verhogings vir plaaswerkers, werk sommige van hulle minder ure. Dit beteken hulle verdien nie soveel soos voorheen om huis toe te neem nie.