Werkers van Namibia Protection Services staak

Die werknemers van Namibia Protection Services het vandag begin staak en eis vir ‘n verhoging in salarisse en beter werksomstandighede. Die werkers het by hul oplaai-sone agter die Swapo-hoofkwartier in Katutura opgedaag en besluit hulle klim nie in die voertuie wat hulle werk toe vervoer nie. Die Namibia Economic Freedom Fighters-aktivis, Michael Amushelelo, was weer saam met die werkers …