Wêreldwaterdag: Kaapstad is watersensitief

Die Stad Kaapstad sê sy visie is vir ‘n watersensitiewe stad. Met dié mikpunt in gedagte bevestig die stadsraad vandag deur middel van Roei vir Wêreldwaterdag hul onderneming aan die publiek en die waarde van vennootskappe om die kwaliteit van ons water in die binneland te verbeter. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis en die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê hulle sal aan Wêreldwaterdag, wat vandag herdenk word, deelneem deur van die monding by Zandvlei tot by Marina Da Gama te roei: