Amerikaanse hooggeregshof-kandidaat verdedig haar nominasie

Die Demokrate se kandidaat vir die posisie van regter in die Amerikaanse Federale Hooggeregshof, Ketanji Brown Jackson, sê sy onderneem om Amerika se demokrasie onpartydig te verdedig. Sy het die opmerkings gemaak in haar openingsrede voor die Senaat se Regskomitee, wat sal besluit of haar benoeming goedgekeur word. Jackson het haar bykans dekade lange loopbaan as ‘n federale regter verdedig en gesê sy het altyd onafhanklik en regverdig opgetree: