LPM-magstryd: Lede sal verantwoording doen

Die woordvoerder van die Landless People’s Movement Eneas Emvula het gereageer op berigte dat daar ‘n uitgebreide plan is om Bernadus Swartbooi as leier van die party te verwyder. Volgens berigte is die poging om die party in ‘n volwaardige Nama-party te verander en dit word deur Floris Fleermuys en sy suster Florette Nakusera aangedryf. Emvula het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.