Wêreldleeudag vandag herdenk

Die bewaringsorganisasie Blood Lions sê vandag op Wêreld-leeudag vanjaar se herdenking het ‘n meer positiewe betekenis aangesien Suid-Afrika die einde van die kommersiële leeubedryf vier. Die organisasie verduidelik ‘n proses van openbare deelname is voltooi nadat die Suid-Afrikaanse omgewingsminister, Barbara Creecy, ‘n aankondiging gemaak het en na die publisering van ‘n konsepbeleid oor beleidsposisies. Die finale beleidsposisie moet nou gepubliseer word en die inwerkingstellings-proses moet begin.