Agt Covid-sterftes in vyf distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het agt Covid-sterftes in vyf distrikte aangekondig, asook 304 nuwe gevalle uit 1 213 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 25 persent verteenwoordig. In die groep is 41 leerders, sewe onderwysers, ses studente en vyf gesondheidswerkers. Daar is 16 417 aktiewe gevalle, waarvan 343 gehospitaliseer is en 62 in intensiewesorg.