Stad Kaapstad: Inwoners gaan kragstygings voel

Die Stad Kaapstad sê hoewel hy meer van die onlangse styging in elektrisiteitstariewe absorbeer as enige ander metro in die land, sal verbruikers dit steeds voel nadat die nuwe tariewe op 1 Julie in werking getree het. Munisipaliteite moet nou ‘n verdere 17,8 persent bydra om elektrisiteit by Eskom te koop, wat die stad gedwing het om ‘n 13,48 persent verhoging vir inwoners in te stel. In die res van Suid-Afrika was die gemiddelde styging 14,59 persent.