Wêreld se grootste alge-fabriek in aanbou

‘n Vernuwende Sweedse maatskappy bou die wêreld se grootste alge-fabriek om uitlatings-verminderende seewier-voer vir vee te vervaardig. Vier-persent van die wêreld se metaan-uitlatings kom tans van vee, wat twee keer hoër is as dié van die hele pluimveebedryf. Die maatskappy Volta Greentech het ‘n byvoeging ontwikkel wat gemaak word van rooi seewier. As koeie daagliks net 100-gram daarvan kry, verminder dit hulle metaanuitlaatgasse met tot 80-persent.