Suid-Afrika word dalk oorweeg vir ‘n Grand Prix

Motorsport: Formule Een se hoof Stefano Domenicali het onthul nog samesprekings het plaasgevind oor die moontlikheid van ‘n Grand Prix in Suid-Afrika. In ‘n media onderhoud , het hy gesê Kyalami het ‘n sterk saak uitgemaak vir die aanbied van so ‘n wedren in die 2023-seisoen. Maar volgens Domenicali, is F1 ook genader deur ander Afrika-lande. Marokko, wie se nabyheid aan Europa die land aantreklik maak, wil ‘n wedren in Marrakesj aanbied.