Fondsinsameling vir die Dickason-gesin

‘n Groep oud-Suid-Afrikaners wat in Timaru, Nieu-Seeland, woon het ‘n fondsinsameling vir die Dickason-gesin begin. Dit volg nadat die ma, Lauren Dickason, oorspronklik van Pretoria, na bewering haar drie dogtertjies vermoor en haarself beseer het kort nadat die gesin na Nieu-Seeland verhuis het. Lauren het in die hof verskyn en is na ‘n hospitaal verwys vir sielkundige waarneming. Die fondsinsameling is om haar eggenoot en die kinders se pa met koste vir die begrafnisse en reis- en verblyfkoste van familielede wat van Suid-Afrika na Nieu-Seeland gaan, te help.