Wêreld-leeudag ook in Namibië herdenk

Wêreld-leeudag word vandag wêreldwyd herdenk, ook in Namibië waar die woestynaangepaste leeus tans onder druk is en sommige van hulle verskuif moes word. Elke land het sy unieke uitdagings met leeus met Namibië se woestynleeus wat verskeie uitdagings in die gesig staar, soos onder meer mens-dier-konflik. Omgewingskenner, dr. Rudie Van Vuuren, praat met Kosmos 94.1 Nuus oor die belangrikheid van Wêreld-leeudag.

Van Vuuren vertel hoe dit gaan met die vyf woestynleeus wat verskuif moes word en sê dat hulle binnekort vrygelaat gaan word.