Wildsmisdaadverslag: Agt vas, talle karkasse gekonfiskeer

Agt vermeende wildmisdadigers is volgens die wildmisdaadverslag van die Namibiese polisie en omgewingsministerie verlede week in hegtenis geneem en vyf nuwe sake is aanhangig gemaak. Beslag is op drie gemsbokkarkasse gelê, asook op twee vlakvarkkarkasse, en een elk koedoe-, hartebees- en muskeljaatkatkarkas en wildekat- en ietermagôvelle. Een vuurwapen en 21 patrone is ook gekonfiskeer.