Wêreld Geen-tabakdag op 31 Mei gevier

Wêreld Geen-Tabakdag word jaarliks op 31 Mei gevier. Tabak is die oorsaak van 8 miljoen sterftes per jaar. Die Kankervereniging van Namibië herdenk jaarliks saam met die res van die wêreld Wêreld Geen-Tabakdag en moedig rokers aan om op te hou rook. Rook verhoog die risiko van onder meer kanker, hartsiektes, beroerte, longsiektes en diabetes. Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die vereniging, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.