SA opposissiepartye: Moenie wolf skaapwagter maak met staatskaping

Suid-Afrikaanse opposisiepartye in die parlement het die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, aangeraai om die ANC uit te sluit van enige komitees wat bewerings van staatskaping teen parlementslede ondersoek. In Deel 3 van die staatskapingsverslag word talle huidige en gewese parlementslede betrek by gedrag wat onwettig of oneties kan wees. Opposisiepartye sê dis onregverdig dat die ANC skeidsregter en speler in die komitees is omdat dit tot gevolg sal hê dat baie van sy lede nie aanspreeklik gehou word nie.