Wenner van N$4 miljard lotery kom na vore

Die Verenigde Koninkryk se lotery-operateur, Camelot, is besig om die versoek van die kaartjiehouer na te gaan wat die grootste boerpot ooit in die EuroMillions opgeëis het. Die eerste prys in Dinsdag se trekking is meer as 4 miljard Namibiese dollar werd. Camelot sê die speler se eis sal deur ‘n reeks toetse gaan om die egtheid daarvan te verseker, voordat die geld uitbetaal sal word. Daar word berig net 15 mense in Brittanje het al ooit meer as 2 miljard Namibiese dollar in die lotery gewen. Die geld behoort genoeg te wees om 696 huise van gemiddelde grootte te koop, of vier private stralers, of ‘n dorpshuis in Mayfair, Londen.