EU sê Rusland gebruik gas as wapen

Die Europese Kommissie beskuldig Rusland van afpersing en sê dié land gebruik gas as ‘n wapen. Lande in die groep is aangeraai om hulle gasverbruik van volgende maand tot Maart volgende jaar met 15 persent te verminder te midde van vrese dat Moskou voorrade sal afsny. Rusland het verlede jaar 40 persent van Europa se natuurlike gas voorsien. Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê byna die helfte van die lidlande word reeds geraak deur die afname in gas uit Rusland: