Stygende rentekoerse en huis-eienaarskap

Die jongste rentekoersverhogings plaas meer druk op voornemende huiskopers om ingeligte besluite te neem voordat hulle ‘n aanbod maak. Verdere verhogings word oraloor vir 2022 voorspel en veral eerste-keer huiskopers behoort hulself te vergewis van die feite. Die verband-ontwikkelaar in Suid-Afrika, MortgageMe, het wenke vanaf huidige huiseienaars bekom sodat voornemende kopers duur foute kan vermy. Direkteur Andrea Tucker, sê kopers moet nie die begroting oorskry nie en moet vra vir ‘n toegangsverband: