Wenner van Food Waste Challenge binnekort bekend

Die Capricorn-stigting het die suksesvolle voltooiing van inskrywings vir sy Food Waste Challenge aangekondig. Die Stigting voorheen ‘n beroep gedoen op innoverende oplossings van die publiek om voedsel-vermorsing in Namibië te verminder om die probleem van voedsel-onsekerheid te help takel. Die Food Waste Challenge bied 100 000 Namibiese dollar vir die wen-oplossing aan. Die inskrywings het gesluit en al die voorstelle sal deur ‘n deskundige paneel geëvalueer word. Marlize Horn, uitvoerende hoof van die stigting, praat met Kosmos 94.1 Nuus.