Engeland maak span teen Protea’s bekend

Krieket: Engeland het die paaltjiewagter, Ben Foakes, wat weer fiks verklaar is, herroep vir die eerste toets teen Suid-Afrika op Lord’s wat môre begin. Dit is die enigste verandering aan die span wat Indië verlede maand verslaan het in die uitgestelde vyfde toets op Edgbaston. Die tuisspan wil ‘n vyfde agtereenvolgende oorwinning behaal onder hul nuwe leiers, kaptein Ben Stokes en afrigter Brendon McCullum. Die Protea-afrigter, Mark Boucher, sê sy span sal slim moet speel om Engeland se aggressiewe benadering teen te werk.