Nóg ‘n verdagte in Chinese rooftog vasgetrek

Die Namibiese polisie het ‘n man by Ondangwa in hegtenis geneem wat vermoedelik betrokke was by die miljoen dollar-rooftog van ‘n Chinese burger in Windhoek. Volgens die polisie het die verdagte die gesteelde geld van die roof gebruik om ‘n Toyota-voertuig te koop. Die wegkom-voertuig, ‘n sewe-sitplek-motor met splinternuwe bande en vellings, is ook in Ombili gevind. Kontant is ook teruggevind, sê adjunk-kommissaris Silas Shipandeni aan Kosmos 94.1 Nuus.