Wene is wêreld se mees bewoonbare stad

Wene, Oostenryk se hoofstad, is weer deur The Economist as die wêreld se mees bewoonbare stad aangewys, danksy stabiliteit en goeie infrastruktuur, goeie gesondheidsorg, kultuur en vermaak. Wene het in 2018 en 2019 ook die titel verwerf. Die naaswenners is Kopenhagen in Denemarke en Züruck in Switserland. Onder-aan die ranglys is Damaskus in Sirië, Tripoli in Libië en Lagos in Nigerië.