Keetmanshoop-munisipaliteit nooi inwoners uit na vergaderings

Keetmanshoop-munisipaliteit nooi inwoners uit om volgende week openbare vergaderings by te woon. Volgens die uitvoerende hoof, Desmond Basson sal onder meer die 2022-23-begroting, munisipale tariewe, en die voorlopige waardasierol bespreek word. Die vergaderings sal vanaf Maandag tot Woensdag saans om half-ses in onderskeidelik die woonbuurte van Westdene, Tseiblaagte en Krönlein plaasvind.