VN bevind Al Jazeera-joernalis is deur Israelse magte doodgeskiet

Inligting wat deur die Verenigde Nasies se Menseregte-kantoor nagegaan is, dui daarop dat Israeliese veiligheidsmagte die skoot afgevuur het wat tot die dood van die Palestyns-Amerikaanse verslaggewer van Al Jazeera, Shireen Abu Akleh, in die Wesoewer in Mei gelei het. Die Israeliese Weermag het gesê hulle is daartoe verbind om Abu Akleh se dood te ondersoek en het ‘n beroep op die Palestynse owerhede gedoen om hulle toegang te gee tot die koeël wat haar dood veroorsaak het. Die Palestynse owerheid het geweier om die koeël te oorhandig en gesê dat hulle Israel nie vertrou nie.