Welwitschias speel teen Burkino Faso in Marseille

Die Namibiese rugbyspan speel op 1 Julie teen Burkino Faso in die Rugby Afrika-beker 2022 in Marseille in Frankryk. Op dieselfde dag kom Zimbabwe teen Ivoorkus te staan, ook in Marseille. Op 2 Julie speel Uganda en Kenia teen mekaar en Senegal en Algerië. In die halfeindstryd op 6 Julie sal die twee wenners van die kwarteindstryde teen mekaar in onderskeidelik Marseille en Aix-en-Provence uitdraf. Die eindstryd vind plaas op 10 Julie in Aix-en-Provence.