Zuma wend hom tot konstitusionele hof

Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma wend hom nou tot die konstitusionele hof in Johannesburg om advokaat Billy Downer as staatsaansklaer in sy korrupsiesaak ontslae te raak. Die 80-jarige Zuma is na dié hof nadat Regter Mandisa Maya, Regter-president van die appèlhof in Bloemfontein, op 26 Mei sy herwoorwegingsaansoek rakende Downer van die hand gewys het. Volgens regsdokumente meen Zuma dat Maya haarself erg mislei het deur sy herwoorwegingsaansoek te weier.