Weinstein se verkragtingsaak begin in LA

Die verkragtingsverhoor van die gewese Amerikaanse rolprentmaker, Harvey Weinstein, het in Los Angeles begin. ‘n Aktrise na wie verwys word as Jane Doe 1, het Weinstein van seksuele aanranding beskuldig in ‘n tranerige vertelling van die gebeure in haar hotelkamer na ‘n filmfees in 2013. Die 70-jarige Weinstein staan tereg op 11 aanklagte, insluitend seksuele aanranding deur dwang, gewelddadige verkragting en gedwonge orale omgang. Die adjunk-distriksprokureur, Paul Thompson, het aan jurielede gesê hulle gaan van agt vroue hoor wat seksueel aangerand is.