VSA oorweeg skenking van HAWK-stelsel aan Oekraïne

Die Verenigde State oorweeg dit om ouer HAWK-lugverdedigingstoerusting aan die Oekraïne te stuur om hulle te help verdedig teen Russiese hommeltuig- en missielaanvalle. Die HAWK-stelsel sal ‘n opgradering wees van die Stinger-missielstelsels wat die land tans het. Volgens internasionale nuusagentskappe sal die VSA die sogenaamde Presidential Drawdown Authority benut om dit te stuur. Die PDA laat die Verenigde State toe om verdedigings-toerusting en -dienste vinnig oor te dra sonder die kongres se goedkeuring, veral in reaksie op ‘n noodgeval.