Wat gebeur met Trump as klagtes gelê word?

‘n Politieke kenner het sy reaksie gegee op oudpresident Donald Trump se kanse om steeds in die wedloop vir die Republikeinse presidentskap te wees. Dit volg ná die ondersoek in die Amerikaanse deelstaat van Georgia of Trump probeer het om sy verlies in die deelstaat se presidensiële verkiesing in 2020 om te keer, uitgebrei het na aktiwiteite buite Georgia. Fulton County se aanklaer het die twee jaar lange ondersoek uitgebrei en daar word beaam dat Trump se pogings ‘n verreikende kriminele skema is. ‘n Besluit oor of klagtes teen hom gebring sal word, word in die komende maande verwag. Brooks Spector, ‘n kenner van Amerikaanse sake, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor wat met Trump kan gebeur as aanklagte gelê word.