Bruni-hulle baklei steeds oor N$14m se diamante

Die likwidateurs Dave Bruni en Ian McClaren en die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, saam met die veiligheidsministerie, die ministerie van myne en energie, die diamantkommissaris en die meester van die hoërhof, stoei steeds oor 14 miljoen Namibiese dollar se diamante. ‘n Skikkingsooreenkoms tussen die likwidateurs en die respondente is reeds verlede jaar bereik. Daar is ingestem dat die likwidateurs die eienaars van die diamante is en dat hulle die diamante mag sien en laat valueer. Maar die polisie se ondersoek na die diamante is nog nie voltooi nie en dus moet hulle in die polisie se besit bly. Die likwidateurs sê in hul stukke hulle is in 2010 aangestel om die bankrot Bret Investments te likwideer maar, ‘n regsgeding het ontstaan tussen die maatskappy en ander partye en dus, is 2 700,45 karaat diamante, wat bates van Bret Investments was, oorhandig aan die Namibiese polisie vir veilige bewaring wat steeds nie oorhandig is nie. Vandag sal regter Orben Sibeya ‘n interlokutêre aansoek hoor waar die staat ‘n spesiale pleit op nie-nakoming ingedien het wat teengestaan word. Bruni en McClaren eis hul diamante om hul werk te voltooi maar die polisie-ondersoek kom nie klaar nie.