Franse Ope: Dis Alcaraz teen Djokovic vandag

Die tafel is gedek vir ‘n opwindende halfeindronde-kragmeting in die Franse Ope  wanneer die wêreld se nommer een, Carlos Alcaraz,  teen die 23-malige Grand Slam-kampioen, Novak Djokovic, te staan kom. Die Spanjaard het Stefanos Tsitsipas van Griekeland oortuigend met 6-2, 6-1 en 7-6 verslaan om sy eerste halfeindronde in Parys te haal. Djokovic het gesukkel in die eerste stel van sy wedstryd teen die Rus, Karen Khachanov, maar met ‘n telling van 4-6, 7-6, 6-2 en 6-4 na sy 12de halfeindronde op Roland Garros deurgedring. Alcaraz sê hy sien uit daarna om teen die Serwiër te speel: