Warriors, Dolphins pak mekaar in tweede T20-uitdaging halfeindstryd

Krieket: Die Warriors en die Dolphins sê mekaar vanaand in Durban die stryd aan in die tweede halfeindstryd van die KSA T20-uitdaging. Die wenner kom te staan teen die Lions, wat gisteraand ‘n tuis-eindstryd ingepalm het met ‘n oortuigende oorwinning oor die Titans. Die Warriors het deurgedring na die uitklopronde, al het hulle die laaste vier wedstryde verloor. Hulle kaptein, Matthew Breetzke, sê enigiets kan in ‘n halfeindstryd gebeur.