Paaie-owerheid spog met sukses van aanlyn-hernuwings

Die Paaie-owerheid het ‘n paar maande gelede aangekondig dat motoriste regoor Namibië nou motorlisensies en rybewyse aanlyn kan bekom, pleks van om vir lang ure by Natis-dienssentrums tou te staan. Die volle hernuwingsproses, insluitend betaling, kan deur enige Namibies-geregistreerde voertuigeienaar gedoen word, van enige plek in die wêreld, te eniger tyd, vanuit die gerief van hul eie huise. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Padowerheid-woordvoerder, Hileni Fillemon, oor hoe die diens verloop en of hulle enige klagtes gekry het.